Om gelykvormig te wees is om kreatief te wees

2024-04-29
Romeine 8:29 AFR83

Omdat God beide ons Skepper en Verlosser is, is ons geroepe om gelykvormig aan sy beeld in beide opsigte te wees. Om dus meer soos die Skepper te wees, moet jy meer kreatief word. Wanneer ons ons geheiligde verbeelding toepas om sy doelwitte te bereik, doen ons wat God die beste doen en die meeste liefhet. Ons hemelse Vader vind diepe vreugde en trots daarin. Net soos ons kreatiwiteit in ons kinders vier, so vier God kreatiwiteit in ons.

Het jy al ooit opgelet hoe dikwels die Psalms vir ons sĂȘ om ‘n nuwe lied te sing? Hierdie kreatiewe bevel word nie minder as ‘n halfdosyn keer herhaal nie. Hoe meer jy van God ontdek, hoe liewer raak jy vir Hom. Hoe liewer jy vir Hom raak, hoe meer het jy nuwe maniere nodig om jou liefde uit te druk. Die meeste van ons dink dat ons nie regtig kreatief is nie, omdat ons kreatiwiteit baie nou definieer. Ons dink daaraan as ‘n kunswerk, ‘n nuwe uitvinding of ‘n entrepreneuriese idee. Dis egter net ‘n klein deel van kreatiwiteit.

Kreatiwiteit is nie net vir kunstenaars, uitvinders en entrepreneurs nie; dis noodsaaklik in alle aspekte van die lewe. In die volste sin is kreatiwiteit enige gebruik van die verbeelding. Ja, in die verlede mag ons dalk ons verbeelding vir die verkeerde doelwitte gebruik het. Na ons wedergeboorte, word ons verbeelding egter verlos sodat dit gebruik kan word om God te verheerlik. As God oneindig kreatief is en ons nie net na sy beeld geskape is nie, maar geroep is om gelykvormig aan sy beeld te wees, dan is kreatiwiteit nie opsioneel nie. Dit is ‘n dimensie van geestelike volwassenheid.

Sielskos: Hand 22-23; Mark 5:11-20; Ps 144:9-15; Spr 11:12-13