‘n Vader se seën (2)

2018-10-07
Genesis 27:28 NLV

Kom ons kyk na die volgende twee bestanddele van ‘n vader se seën: 1) Die krag van gebed. So het Isak, ‘n boer, vir sy seuns gebid: ‘Mag God vir jou die dou van die hemel en die vrugbaarheid van die aarde gee sodat jy goeie oeste van graan en wyn sal hê.’ Pa, het jou kinders jou al gehoor bid dat hulle sukses in die lewe moet behaal? Miskien het hulle al kritiese en snydende woorde soos: ‘Hoe kan jy so dom wees? Dink jy nooit vir jouself nie? Jy sal nooit iets word nie!’ gehoor. As dit die geval is, vra verskoning en vir hulle vergifnis. Skep dan geleenthede waar hulle jou met God kan hoor praat oor hulle; waar hulle kan hoor hoe jy seën oor hulle uitspreek. Wat ‘n kragtige werktuig is ‘n pa se gebed vir seën oor sy familie nie! 2) Die visie van ‘n glorieryke toekoms. Die Bybel sê, ‘Wanneer ‘n volk nie duidelikheid het oor die wil van God nie, word hulle koersloos…’ (Spreuke 29:18 NLV). Skoolberaders rou oor die gebrek aan visie by hulle studente. Baie van die kinders van vandag sien niks in hulle toekoms, behalwe slegte ekonomiese toestande, werkloosheid en harde tye nie. Hulle het iemand nodig wat in hulle glo; wat hulle gerusstel dat hulle sukses kan behaal en gelukkige lewens kan lei en kan weet dat hulle beste dae nog voor hulle lê. Isak het nie gewag vir sy seuns om hulle eie visie vir die lewe te kry nie. Nee, hy het vir hulle toekomstige sukses, hulle vooruitgang tot vernaamheid en vir respek van hulle familie en die samelewing toegebid. Pa, jou kinders het nodig dat jy hulle in die regte rigting motiveer.

Sielskos: Heb 11:8-12; Gen 17:1-27; Gen 22:1-18; Jak 2:21-24