‘n Ouer se skuldgevoelens

2018-08-12
Spreuke 23:15 NLV

Omdat perfekte mense nie bestaan nie, kan daar ook nie perfekte ouers wees nie. Selfs al het jy dus jou kinders baie lief, sal daar tye wees wat jy moeg, gefrustreerd, teleurgesteld en geïrriteerd raak. Die geheim is om seker te maak dat dit die uitsondering, eerder as die reël, is. ‘n Christelike sielkundige skryf: “‘n Paar jaar gelede het ek ‘n duisend ma’s en pa’s gevra om hulle grootste frustrasies in die grootmaak van hulle kinders te beskryf. Ek het baie humoristiese stories oor taai telefone, nat toiletsitplekke en geknoopde skoenveters gehoor. Een ma wou weet hoekom kleuters nooit in die badkamer opgooi nie. In ons opname het die ouers egter nie net bloot oor hulle frustrasies gelag nie – hulle was geneig om hulself te blameer. Baie van hulle het gesê dat hulle oorweldig was en vertroue in hulle vermoë om die werk te kon doen, verloor het. Baie van hulle het gesukkel om die daaglikse verantwoordelikhede te hanteer. Hoe hartseer is dit nie dat hierdie antieke verantwoordelikheid van kinders grootmaak so swaar en met skuldgevoelens gelaai geword het nie. In die meeste gevalle is hierdie self-veroordeling nie deur die feite gestaaf nie. Die meeste ma’s en pa’s het ‘n geloofwaardige werk by die huis gedoen – en dit is tyd dat iemand hulle vir hulle toewyding en opoffering op die rug klop. Eendag wanneer die frustrasies van kleuterskap en die onrus van tienerskap verby is, sal hulle die soete voordele van hulle goeie en liefdevolle ouerskap smaak. Byt vas, Ma en Pa, julle is vaardiger as wat julle dink julle is.” Salomo het die ouer se ware beloning uitgespel: ‘Ek sal baie bly wees, my kind, as jy ook ‘n wyse mens word.’

Sielskos: Eks 16:1-18; Joh 6:1-15; Joh 6:25-40; 1 Kor 11:23-24