‘n Gebed om God se wil te ken
2018-07-17Psalm 139:16 NLV
Die Psalmdigter het geskryf: ‘U het my gesien voor ek gebore is. In u boek is alles opgeteken; elke dag is bepaal voordat een van hulle daar was. Kosbaar is u gedagtes vir my, o God!..’ (verse 16-17 NLV). As jy wil weet wat God se wil vir jou lewe is, bid die volgende gebed: ‘Here, U het my geken voor ek gebore is, U het my gevorm en vir ‘n spesifieke doel geskep. Gee my asseblief ‘n duidelike visie van alles wat U in en deur my lewe wil doen. Ek het ‘n desperate behoefte daaraan om te verstaan wat die roeping waarvoor ek geskep is, is (sien Efesiërs 4:4), en ‘…hoe enorm groot die krag is wat God gebruik in ons wat glo…’ (Efesiërs 1:19) om my in staat te stel om u doel te vervul. Wys my die gawes wat U in my geplaas het en hoe ek hulle tot eer van U kan ontwikkel en gebruik (sien Romeine 12:6). Help my om met vrymoedigheid te bid (sien Efesiërs 3:20). Ek wil ontvanklik wees vir dit wat U vir my het en nie u seëninge verbeur nie. Help my om nie aan dinge en verhoudings vas te hou wat nie van U af kom nie. Ek wil u wil met my hele hart dien (sien Psalm 40:9). Help my om u stem te hoor en gee my die genade en moed om u leiding te volg wanneer ek bang is (sien Johannes 10:4). Mag die begeertes van u hart die begeertes van my hart word. Vergroot my kapasiteit om te glo dat U dit kan neem wat ek het en dit kan vermeerder bo enigiets wat ek aan kan dink. In Jesus se Naam bid ek dit, amen.’
Sielskos: 2 Sam 12:1-14:20; Luk 7:24-35; Ps 118:10-18; Spr 18:7-9