‘n Belofte aan biddende ouers
2018-02-06Jeremia 31:16 NLV
Lewe jy onder ‘n wolk van skuldgevoelens en voel jy soos ‘n mislukking omdat jou kind die pad byster geraak het? Moenie! Die Bybel leer ons dat kinders soms eenvouding nie na die raad van hulle ouers luister nie. Salomo het heelwaarskynlik uit sy eie ervaring gepraat toe hy geskryf het, “‘n Wyse seun laat sy pa toe om hom reg te help. Een wat met alles spot, steur hom nie eens aan dreigemente nie” (Spreuke 13:11 NLV). Jesus het nie die pa verantwoordelik gehou toe sy seun verlore geraak het nie (sien Lukas 15:1). As jy jou beste gedoen het, sal God jou ook nie verantwoordelik hou nie. Die waarheid is dat goeie ouers partykeer kinders het wat slegte dinge doen. God se eerste twee kinders is in ‘n perfekte paradys geplaas en tog het hulle gerebelleer. Op die ou einde het ons almal die mag om te kies. Daar kom ‘n tyd wanneer ‘n kind nie meer ‘n kind is nie en wanneer hulle verantwoordelikheid vir hulle aksies moet neem. As jy dus jou beste as ouer gedoen het, moenie toelaat dat die Duiwel jou skuldig laat voel nie. As jy as ouer misluk het, is dit ook nie ‘n onvergeeflike sonde nie. Nie net sal God jou vergewe nie, jy kan ook hierdie wonderlike belofte vir jouself aanneem: “…’Hou op huil en droog af jou trane. Ek sal jou beloon vir jou moeite,’ sĂȘ die Here. ‘Jou kinders sal terugkom uit die land van die vyand. Daar is hoop vir die toekoms… Jou kinders sal terugkom na hulle land toe'” (Jeremia 31:16-17 NLV). Moenie opgee op jou kinders nie, want God het nie. Hou aan bid en glo en laat Hom toe om aan hulle te werk.
Sielskos: Num 22-24; Matt 12:38-50; Ps 108; Spr 3:31-32