Moenie toelaat dat slegte nuus jou blydskap steel nie (2)
2017-10-30Nehemia 8:10 NLV
Toe Nehemia geskryf het, ‘…die blydskap wat die Here gee, sal julle krag wees’, was God se mense besig om Jerusalem te herbou nadat hulle sewentig jaar in Babel gevange gehou is. Hulle was omring, in die minderheid, en is elke dag deur vyandige nasies bedreig. Soortgelyk, is daar ook vandag slegte nuus. Daar is egter ook goeie nuus. 1) Kerke word teen ‘n yslike spoed geplant. Die kerkkundige, Ed Stetzer, sê dat nuwe kerke in die Verenigde Koninkryk vinniger geplant word as wat ou kerke uitsterf – en navorsing wys dat 60 tot 80 persent van mense wat by nuwe kerke aansluit uit ‘n onkerklike agtergrond kom. Dit is in ander lande ook waar. Dit beteken dat meer mense vandag deur die evangelie bereik word, as die dae toe dooie godsdienstige kerke oor die evangelie gepraat het, maar dit nie uitgeoefen het nie. 2) Latyns-Amerika ervaar ‘n politieke en geestelike bewuswording. Politieke verandering in Venezuela is nog ‘n aanduiding dat linksgesinde regerings besig is om mag te verloor. Soortgelyke bewegings teen korrupsie vind in Argentinië, Brasil en ander Latyns-Amerikaanse lande plaas – in ‘n tyd waar evangeliese kerke teen ‘n ongekende tempo groei. 3) Die Bybel is steeds die populêrste boek ooit. Dit is ook die beste verkoper en die boek wat die wydste versprei word. Nagenoeg vier biljoen kopieë is in die laaste vyf dekades wêreldwyd gedruk en verkoop – veel meer as enige ander boek. Moenie toelaat dat slegte nuus jou blydskap steel nie. As jy negatief en vol vrees geword het as gevolg van wat in die wêreld aangaan, herstel jou geestelike lewe deur weer jou blydskap te vind. God is aan die beweeg en almal wat in Hom vertroue het, het rede om fees te vier.
Sielskos: Jes 34-37; Joh 6:52-59; Ps 9; Spr 28:13-16