Moenie skynheilig wees nie

2017-12-09
Matteus 23:5 NLV

Jesus het skynheiligheid nie geduld nie, omdat Hy geweet het dat dit mense teen God laat draai. Hy het ons eerder die volgende geleer: 1) Moet geen krediet vir jou goeie dade verwag nie. Geen. As niemand dit opmerk nie, dan is jy nie teleurgesteld nie. As iemand dit opmerk, dan gee jy die eer aan God. Stop en vra jouself die volgende vraag af: ‘As niemand van die goeie goed geweet het wat ek doen nie, sou ek dit steeds doen?’ Indien nie, doen jy dit net vir ‘uiterlike vertoon.’ 2) Gee jou finansiële gawes in die geheim. Geld bring die skynheilige in ons na vore. Ons hou daarvan dat mense sien dat ons dit verdien. Ons hou ook daarvan om gesien te word wanneer ons dit gee. Dus het Jesus gesê, ‘Wanneer jy mense help, mag niemand daarvan weet nie. Jy moet dit stil-stil doen. Jou linkerhand moet nie eens weet wat jou regterhand doen nie…’ (Matteus 6:3-4 DB). 3) Moenie jou geestelikheid vervals nie. Wanneer jy kerk toe gaan, moenie die sitplek kies waar jy gesien kan word nie. As jy jou hande in lofprysing ophef, hef heilige hande op, nie vertonerige hande nie. Wanneer jy praat, moenie jou woordeskat met populêre godsdienstige terme peper nie. Niks maak mens so naar soos ‘n vals ‘Prys die Here,’ of ‘n oppervlakkige ‘Halleluja’ of ‘n onegte ‘Eer aan die Here’ nie. Maak die trompette stil. Kanselleer die optog. As mense jou prys, reflekteer dit op ‘n mooi manier voor jy dit begin glo. Verwoes die begeerte om opgemerk te word. Wakker die begeerte om God te dien aan. Met ander woorde, moenie skynheilig wees nie!

Sielskos: Gen 42-43; Joh 17:1-26; Ps 95; Pred 5:10-12