Moenie net dompel nie

2018-01-08
Johannes 15:4 ABA

Daar is ‘n kuns daaraan om ‘n goeie koppie tee te maak. Jy kan jou teesakkie op en af in die warm water dompel en dit dan uithaal. Of jy kan die teesakkie daarin laat bly sodat jy die tee se volle sterkte en geur kan ervaar. Jesus het gesê, ‘Julle moet by My bly soos Ek by julle bly. Julle moet onthou ‘n loot alleen kan nie vrugte dra nie, dit moet aan die wingerdstok vas bly. Julle kan ook nie vrugte dra as julle nie by My bly nie. Ek is die wingerdstok. Julle is die lote. As julle by My bly en as Ek by julle bly, dan sal julle baie vrugte dra. As Ek nie by julle is nie, dan kan julle niks doen nie’ (verse 4-5 ABA). Die geheim tot ‘n oorwinnende Christelike lewe is nie om jouself een keer ‘n week in die kerk in God se teenwoordigheid te ‘dompel’ nie, maar om elke dag daarin te bly. Dit is hoekom hierdie dagstukkies nuttige gereedskap vir jou geestelike groei is; dit veroorsaak dat jy elke dag God se Woord bestudeer, daaroor mediteer en vra, ‘Here, wat sê U vir my?’ Wanneer jy jouself net ‘dompel’, moet jy dinge deur jou eie inspanning laat gebeur. Jy moet die sakkie op en af beweeg, die toutjie om die lepel draai, dit trek, ens. Dit is baie inspanning – en dis nie hoe God wil hê jy ‘n Christelike lewe moet lei nie. Nee, Hy wil hê dat jy in Hom moet bly. Dit is hoe lank jy in Hom bly en die diepte daarvan, wat die krag en rykheid van jou geestelike lewe bepaal. Moet jouself dus nie vandag net ‘dompel’ nie.

Sielskos: Lev 8-10; Matt 5:13-26; Ps 42:1-5; Spr 1:20-23