Moenie ‘n luiaard wees nie (4)
2018-04-27Spreuke 24:30 NLV
Dis beter om hande te kort as om ‘n luiaard in diens te neem; beter om niemand te hê nie eerder as ‘n lui persoon. Klaarblyklik het Salomo met ‘n paar luiaards op sy betaalstaat gesukkel: “‘n Lui mens… is soos asyn tussen die tande, of soos rook in die oë” (Spreuke 10:26 NLV). Jy weet hoe aaklig asyn is wanneer jy dit net so skoon drink, of hoe irriterend rook is as dit in jou oë kom! Dis hoe irriterend ‘n lui persoon is vir die een wat hom in diens neem. Wat hy ook al doen neem twee keer so lank om klaar te maak en sal oorgedoen moet word of weggegooi moet word – teen dubbel die koste. Sy teenwoordigheid by die werk is erger as sy afwesigheid. Hy vermors sy eie hulpbronne, sowel as almal anders s’n. ‘n Tragiese prent word in Spreuke 24:30-31 geskets: ‘Ek het by ‘n lui mens se landerye verbygeloop. Die wingerd was die eiendom van ‘n onverstandige mens. Onkruid het dit heeltemal ingeneem. Dit was toegegroei onder bossies. Sy klipmuur het omgeval.’ Laat ons egter duidelik wees: Ons moet medelye bewys aan diegene wat as gevolg van regte redes swaarkry. Hulle het ‘n hand wat hulle ophelp nodig. Hulle het meer as kos en klere nodig; hulle kort ‘n doel, waardigheid en self-waarde. Dit is wat God wil hê ons vir hulle moet gee. Abraham Lincoln was nie suksesvol omdat hy in ‘n houthut gebore is nie, hy was suksesvol omdat hy daar uit gekom het. Die kanse is goed dat jy nie in die Withuis sal opeindig nie, maar tensy jy in die armhuis wil opeindig, moenie ‘n luiaard wees nie!
Sielskos: Hand 20-21; Mark 5:1-10; Ps 144:1-8; Spr 11:10-11