Moenie ‘n luiaard wees nie (2)

2018-04-25
Spreuke 6:9 NLV

Die luiaard doen nooit vandag wat hy tot môre kan uitstel nie en hy doen nooit môre wat hy vir ewig kan afstel nie. Sy gunsteling werksdag is môre. Dis hoekom God vra, ‘Jou luiaard, hoe lank gaan jy nog lê en slaap?..’ As iemand in staat is om te werk en daar werk beskikbaar is, mag jy dalk met ‘n luiaard praat wanneer jy aanhoudend vra, ‘Hoe lank gaan jy tussen werke wees?’ Of, ‘Wanneer gaan jy ‘n werk soek?’ Daar is ‘n verhaal van ‘n universiteitstudent wat moes besluit of hy gaan studeer of nie. Hy het ‘n munstuk gevat, dit in die lug opgeskiet en gesê, ‘As dit kop is gaan ek fliek. Stert, gaan ek televisie kyk. En as die muntstuk op sy sy te staan kom, gaan ek studeer!’ Sommige luiaards is inderwaarheid selfs te lui om ‘n muntstuk op te skiet! Die luiaard is ‘n persoon wat altyd oppad is om die werk te doen, maar nooit daarby uitkom nie. Ouers, leer julle kinders dat dit net so belangrik is om ‘n werk te begin as om dit klaar te maak. ‘n Kind se gunsteling reaksie op ‘n bevel is dikwels, ‘Ek sal dit nou-nou doen.’ Moenie dit aanvaar nie, anders gaan jy nog lank daarvoor betaal. Leer jou kinders dat ‘nou,’ nou dadelik beteken en dat ‘klaar’ beteken dat jy nie die televisie aanskakel totdat die werk gedoen is nie. Dis ‘n belangrike waarheid want, soos een leier gesê het, ‘As jy doen wat jy moet doen, wanneer jy dit moet doen, dan kan jy doen wat jy wil doen, wanneer jy dit wil doen.’

Sielskos: Hand 16-17; Mark 4:30-34; Ps 7:1-9; Spr 11:3-6