Moenie ‘n luiaard wees nie (1)

2018-04-24
Spreuke 6:6 NLV

Wat is ‘n luiaard presies? Robert Hicks sê, ‘Om te voel dat ons geregtig is op dinge, sonder om die nodige werk te doen om dit te bekom, maak ons ‘n samelewing van luiaards.’ Daar is een ding waarvan jy nooit die luiaard sal kan oortuig nie: dat hy ‘n luiaard is. ‘Die luiaard dink hy weet meer as sewe ander mense wat goeie antwoorde kan gee’ (Spreuke 26:16 NLV). Selfs al sê sewe wyse manne vir hom hy is lui, sal hy dit nie erken nie. Jy kan met ‘n luiaard gesels, maar jy kan nie veel vir hom sê nie. ‘Die begeertes van ‘n lui mens lei na sy dood. Hy weier om sy hande uit sy moue te steek’ (Spreuke 21:25 NLV). ‘n Luiaard se gunsteling woord is ‘eendag.’ ‘Eendag gaan ek die boerpot wen.’ Of, ‘Eendag gaan ek my eie besigheid besit.’ Of, ‘Eendag gaan ek…’ (Jy kan die spasie invul)! Hy of sy het altyd ‘n verskoning hoekom hulle nie kan werk nie. Dis is die betekenis van Salomo se stelling: “‘n Luiaard se pad is met dorings besaai. ‘n Opregte mens se pad is gelyk” (Spreuke 15:19 NLV). Wanneer die luiaard by die voordeur van die lewe uitkyk, sien hy nie ‘n snelweg van geleenthede nie, hy sien net een groot doringbos. Benjamin Franklin was reg toe hy gesê het, ‘Ek het nog nooit ‘n man teëgekom wat goed is met enige iets anders, as hy goed is met verskonings maak nie.’ Die luiaard sal eerder verskonings maak as om ‘n lewe vir homself te maak. Die woord vir jou vandag is dus: Moenie ‘n luiaard wees nie!

Sielskos: Hand 14-15; Mark 4:21-29; Ps 16; Spr 11:1-2