Miere (3)
2018-07-04Spreuke 10:4 NLV
‘n Mier kan tot vyftig keer sy eie gewig ‘n honderd meter ver dra. Dis die ekwivalent van ‘n man van 90 kilogram wat vyf ton vir 27 kilometer op sy rug dra! In ‘n enkele somer, kan ‘n kolonie miere dertien tot agtien kilogram grond uitgrawe om ‘n nes te maak en 2200 kilogram kos na hulle nes toe dra. Hulle kan tot vier reise per dag na ‘n bron van kos onderneem wat meer as 100 meter van die nes af weg is. Dis rofweg die ekwivalent van ‘n mens wat honderd kilometer, teen rofweg 32 kilometer per uur, afgewissel met ‘n spoed van 104 kilometer per uur, loop. Een ding van ‘n mier waarop jy kan staatmaak is dat hy altyd sy beste sal lewer en sy deel van die werk sal doen. Leer jou kinders dat hulle reputasie nooit bo hulle werksetiek en hoe ander mense hulle as werkers sien, sal uitstyg nie. Die sukses van die Walt Disney ryk is op die filosofie van die stigter daarvan gebaseer: ‘Wat jy ookal doen, doen dit so goed dat wanneer mense jou dit sien doen, hulle sal terugkom om jou dit te sien doen en ander mense sal saambring om hulle te wys hoe goed jy dit doen wat jy doen.’ Leer jou kinders om hard te werk, altyd die werk klaar te maak en altyd hulle beste te lewer. As hulle hierdie les goed leer, sal jy hulle nie baie oor sukses hoef te leer nie – dit sal hulle konstante metgesel wees.
Sielskos: 1 Sam 14-15; Luk 4:14-30; Ps 98; Spr 17:1-3