Mans en vrouens (5)

2017-09-13
1 Petrus 3:7 NLV

Jy moet jou vrou leer ken en haar behoeftes respekteer. Toe God die vrou gemaak het, het Hy haar gemaak om ‘n ontvanger en respondent te wees. Hy het haar ‘n bietjie sagter, ‘n bietjie warmer, en ‘n bietjie meer emosioneel gemaak om sodoende op jou te reageer. Sy gee wanneer sy ontvang. Wanneer ‘n vrou waarlik geliefd en beskerm voel, hoef jy nie bekommerd te wees dat sy haar verantwoordelikhede in die huis sal nakom nie. Jy hoef nie bekommerd te wees of julle ‘n aktiewe, intieme fisiese verhouding sal hê nie. Sy sal daar wees en op jou behoeftes reageer. Dit beteken egter dat jy jou vrou en familie eerste moet stel. Soms beteken dit dat jy moet sê, ‘Jammer ouens, ek kan nie vanaand saam met julle uitgaan nie, want ek vat my vrou uit op ‘n afspraak.’ Wanneer jy so ‘n tipe man is, sal jy die reaksie kry waarna jy soek, sonder om dit te moet eis. Wees egter voorbereid, daar mag dalk kwessies onder die oppervlak wees waaraan julle eers moet aandag gee voordat julle as ‘n paartjie vorentoe kan beweeg. As dit die geval is, wees nederig genoeg om te sê, ‘Ek is jammer dat ek jou gefaal het. Ek was nie lief vir jou soos ek veronderstel was om te wees nie en ek weet dit het ons verhouding geaffekteer. Ek het jou nie die tyd en aandag gegee wat jy verdien nie. Van vandag af gaan ek egter verander. Met God se hulp gaan ek jou probeer liefhê soos jy verdien om liefgehê te word.’ Meneer, jou vrou mag dalk flou val wanneer sy dit hoor, maar as jy vasbyt, kan jy die huwelik hê waarvan jy altyd gedroom het.

Sielskos: Neh 8-10; Mark 12:13-27; Ps 78:56-64; Spr 24:5-9