Mans en vrouens (1)

2017-09-09
Genesis 3:6 NLV

In Genesis, voor God vir Eva geskep het, het Hy vir Adam gewaarsku om nie van die verbode vrugte te eet nie. Dit was Adam se verantwoordelikheid om die waarskuwing aan sy vrou te kommunikeer. Duidelik het hy nie ‘n goeie werk daarvan gemaak nie. Hy het gevolglik sy werk verloor en hulle het hulle tuiste verloor. Let op, die Duiwel het eerste vir Eva met die idee om ongehoorsaam aan God te wees, genader. Waar was Adam terwyl Eva besig was om bedrieg te word? Hy was by haar. Hier is dus ‘n belangrike les te leer: Wanneer ‘n man nie na God luister en aan Hom gehoorsaam is nie, kan hy nie die leier wees wat sy vrou en familie nodig het nie. Terwyl Satan besig was om vir Eva te bedrieg, het Adam stil by hulle gestaan, in plaas van om te sê, ‘Dis nie reg nie. As ons nie die pad volg wat God vir ons uitgelê het nie, sal ons alles verloor.’ Die kwessie gaan nie oor wie is baas in die huwelik nie; dit gaan daaroor om die struktuur wat God geskep het te eer sodat almal in die familie in Sy seën kan wandel. Die Bybel sê dat Satan gekom het om ‘…te steel, dood te maak en te vernietig…’ (Johannes 10:10 NLV). Wanneer ‘n man werklik aan Christus onderdanig is, kan hy egter sy familie beskerm. As jy die man is, is dit tyd vir jou om op te staan en te doen wat reg is. As jy die vrou is, moet jy jou man aanmoedig om saam met God te stap, en hom laat weet dat dit ‘n eer en ‘n voorreg is om so ‘n man te volg.

Sielskos: Kol 3-4; Filem; Mark 11:12-26; Ps 78:17-31; Spr 23:26-28