Luister aandagtig, sonder onderbrekings!

2017-10-02
Esegiël 40:4 NLV

As jy jouself leer om aandagtig te luister na wat iemand sê, sal hulle oor die algemeen vir jou vertel wie en wat hulle is voordat jy in ‘n verhouding met hulle tree. Dikwels, wanneer iemand ons egter begin waarsku oor hulle swakhede en wat om te verwag, spring ons met ons motiverende ‘Ag, dit kan nie waar wees nie’ gedagtes in en moedig ons hulle aan om saam met ons voort te beweeg. Ons moet die kosbare kuns van luister, sonder onderbrekings, aanleer. As jy dit doen, sal jy jouself van jare se trane, geheime teleurstellings en negatiewe ervarings red. Eerder as om jou optimisme en oorredende styl te gebruik om iemand te dwing om jou doelwitte te aanvaar, moet jy weet wanneer iemand nie iets kan word net omdat jy dit wil hê of glo dat hulle dit kan doen nie. Hulle kan nie op jou energie leef nie! Jou karakter en volwassenheid sal nie opmaak vir hulle gebrek daaraan nie. Sonder jou bewustheid van hierdie beginsel, kan hierdie verhoudings jou moeg maak en jou jare lank van jou krag dreineer. As jy in private of professionele verhoudings mense moet motiveer om te begin, sal jy hulle moet aanhou motiveer om dit te behou. Aan die ander kant, as jy kyk, luister, bid en observeer, kan jy besluit of dit die moeite werd is om die verhouding in die eerste plek te begin. As jy God vra, sal Hy jou hierin lei. Sy Woord sê, ‘…kyk en luister aandagtig. Gee aandag aan alles wat ek vir jou wys. Jy het hiernatoe gekom sodat ek vir jou baie dinge kan wys…’

Sielskos: 1 Kor 15-16; Mark 15:33-47; Ps 51; Spr 25:23-25