Lewe vir dit wat die meeste saakmaak

2019-08-30
Job 1:21 NLV

Vanderbilt, Carnegie en Rockefeller was drie van die grootste bouers van Amerika. Nadat hulle Vanderbilt se begrafnis bygewoon het, het Carnegie en Rockefeller die res van hulle lewens spandeer om te kyk hoe baie geld hulle kon weggee om sodoende goed te doen. Die dood het ‘n manier om vir ons die kortstondigheid van die lewe te wys en ons perspektief te verander. Carnegie is in sy tagtigs oorlede en Rockefeller eers in sy negentigs, maar hulle altwee het gesterf! Ons almal sal sterf. Die vraag is of jy slegs ‘n lewe gaan maak en of jy ‘n verskil gaan maak? ‘n Besigheidsman het vir sy vriend gesĂȘ: ‘Ek dink nie ek is vir altyd op hierdie trapmeul vasgevang nie, maar ek is vir seker tans daarby betrokke. Dis die ou vraag van hoeveel geld genoeg is? Dis nooit genoeg nie. Drie jaar terug het ek gedink: ‘Net nog ‘n bietjie.’ Ek maak nou twee keer soveel geld en dis nog steeds nie genoeg nie.’ Salomo het geskryf: ‘Hoe meer jy besit, hoe meer word die eters wat jou help om dit te spandeer. Al voordeel wat jou rykdom vir jou inhou, is om te sien hoe dit deur jou vingers glip’ (Prediker 5:10 NLV). Het jy al ooit vir jouself gesĂȘ dat wanneer jy ‘n sekere hoeveelheid geld besit, dan sal jy gelukkig en veilig wees? Miskien, miskien nie. Wanneer jy op enige iets anders as God vertrou, lewe jy in vrees omdat jy altyd weerloos sal wees teenoor omstandighede wat jy nie kan beheer nie. Jesus het dit so gestel: ‘Nee, maak die koningsheerskappy van God en dit wat voor Hom reg is, julle heel eerste prioriteit; dan sal God vir julle al hierdie ander dinge as ‘n bonus byvoeg’ (Matteus 6:33 NLV).

Sielskos: Eseg 20-21; Matt 22:15-22; Ps 111; Spr 19:18-20