Lesse uit die lewe van Dawid (3)
2017-07-232 Samuel 5:17 NLV
Paulus skryf, ‘Stry die goeie stryd vir dit waarin ons glo…’ (1 Timoteus 6:12 NLV). Jy moet veg vir sommige van God se beloftes. Die Jebusiete, wat Jerusalem beheer het, het vir Dawid gesê, ‘…Jy sal nooit hier inkom nie…’ (2 Samuel 5:6 NLV). Verwag dus teenstand teen jou visie, veral as jy nog nie bewyse het om dit te bekragtig nie. Om sake te vererger, was Jerusalem honderde meters bo Dawid se weermag en die enigste manier boontoe was deur ‘n waterkanaal, wat beteken dat hulle deur die modder sou moes optrek. ‘Nogtans het Dawid die Sionsvesting verower…’ (vers 7 NLV). Verstaan mooi, as Hy moet, sal God jou deur die modder optrek om jou op die troon te plaas. Let die woord ‘nogtans’ op. Wanneer jy tot by jou nek in probleme toegegooi is en die Vyand vir jou sê dat jy dit nie gaan maak nie, staan op God se beloftes en verklaar, ‘Nogtans.’ Staan in geloof op en eis wat God jou belowe het. ‘…Dié wat in hulle God glo, sal egter sterk staan en doen wat reg is’ (Daniël 11:32 NLV). Moet egter nie verwag dat almal behulpsaam gaan wees nie. ‘Toe die Filistyne hoor dat Dawid as koning gesalf is, het hulle almal opgetrek om hom te vang…’ Jy sal moet baklei om jou doelwit te bereik en jy sal moet veg om dit te behou. Met elke stryd sal jy na God toe moet draai vir nuwe instruksies. “Dawid raadpleeg toe die Here: ‘Moet ek teen die Filistyne optrek? Sal U hulle in my mag oorgee?’ En die Here het geantwoord: ‘Ja, trek op. Ek sal verseker die oorwinning aan jou gee'” (2 Samuel 5:19 NLV). Beweeg vandag vorentoe met die wete dat God by jou is.
Sielskos: Gen 5:22-24; Heb 11:5; 2 Kon 2:1-12; Hand 1:9-11