Lesse uit die lewe van Dawid (1)

2017-07-21
Romeine 8:28 NLV

God het gesê, ‘…Ek het Dawid… gekry; hy is ‘n man na my hart…’ (Handelinge 13:22 NLV). Wanneer God dit van iemand sê, sal jy wys wees om na daardie persoon se lewe te kyk. Dawid het sy loopbaan as herder begin en as ‘n koning geëindig. Die kanse dat dit so sou gebeur, is nul. Herders was so laag op die sosiale leer dat hulle nie in die hof kon getuig nie, omdat hulle woord as onbetroubaar beskou is. Tog het Dawid die wydgeleeste psalms van alle tye geskryf. Verstaan mooi: Wanneer jy God in jou lewe in nooi, kanselleer Hy die skuld van jou verlede en herskryf Hy jou toekoms. Jy moet egter kies wat God vir jou gekies het! Daar is ‘n interessante kontras tussen Paulus en Dawid. Paulus het sy hoofstukke van ongehoorsaamheid gelewe voordat hy Christus ontmoet het en daarna het hy ‘n voorbeeldige lewe gelei. Dawid het teen dertig koning geword en gedurende sy veertig jaar as leier, het hy verwoestende mislukking ervaar, insluitende owerspel en moord. Daar is twee belangrike lesse hieruit te leer: 1) Moenie te vinnig oordeel nie. Dis nie verby totdat God sê dis verby nie! Dawid se verhaal is ‘n waarskuwing vir die oortreder, ‘n bewys dat God se wet jou nie sal toelaat om weg te kom van jou nagevolge nie en ‘n testament dat sy liefde jou nooit sal laat gaan nie. 2) God kan die goeie uit ‘n slegte situasie bring. Hy kan elke ervaring waardeur jy al is neem en dit vir die goeie laat saamwerk – vir jouself of ten goede van ander. Hy kan ‘…alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet…’

Sielskos: Nah 1-3; Mat 27:1-10; Ps 65; Spr 19:5-8