Lei leiers op wat ander kan oplei (2)
2020-12-04Eksodus 18:23 NLV
Ons lees in Eksodus: ‘Die volgende dag moes Moses weer as regter vir die volk optree. Hulle het van vroegoggend tot laataand by Moses se tent tougestaan… Sy skoonpa sê toe vir hom: ‘Jy hanteer die saak nie reg nie. Jy en die volk sal die pas nie kan volhou nie. Jy kan dit nie alles op jou eie doen nie… jy moet… uit die volk bekwame en eerlike manne kry… Jy moet hulle aanstel om regters te wees… Hulle sal die las van jou skouers afhaal en dit saam met jou dra. As jy so maak en God jou lei om dit so te doen, sal jy die vrag kan dra en almal sal tevrede wees’ (verse 13-23 NLV).
Die uitvoerende direkteur van ‘n vinnig-groeiende kerk sê: ‘As iemand wat mense tevrede wil stel, weet ek hoe Moses moes gevoel het. Vinnige groei het my in ‘n posisie waar ek probeer het om alles te lei en te bestuur, geplaas. In die proses, het ek uitgemergel en gefrustreerd geraak. Wat ek besig was om te doen, was nie goed vir ons span of die kerk nie. In die weke wat gevolg het, het ons ons personeel herorganiseer, leiers met meer gesag bemagtig en ‘n pyplyn vir opleiding en ontwikkeling op alle vlakke ontwikkel. As leiers moet ons die versoeking weerstaan om helde te wees en alles self te hanteer. Dis krities om jaarliks jou leierskapstruktuur te evalueer. Leierskap in die bediening is moeilik, maar daar is dinge wat jy kan doen om ander mense te ontwikkel en die verantwoordelikheid te versprei.’
Dit verg gebed, nederigheid en geduld om die regte mense te ontwikkel. As jy dit egter doen en ‘God jou lei om dit so te doen, sal jy die vrag kan dra en almal sal tevrede wees.’ Dis ‘n wen-wen situasie vir almal!
Sielskos: Jos 8:30-10:43; Joh 16:12-18; Ps 2; Spr 28:25-28