Lei jou brein weer op

2018-09-24
Kolossense 3:10 NLV

Blywende verandering gebeur geleidelik aan die binnekant, dikwels voor daar enige uiterlike bewyse daarvan is. Pastoor Jim Penner sê: ‘Een van my vriende het onlangs ‘n heupvervanging gekry. Voor die vervanging was die gewrig was so pynlik dat hy mank geloop het en ‘n kierie moes gebruik het. Te danke aan die moderne vaardighede van die chirurg was hy gou weer op die been. Tog het hy maande na die operasie steeds mank geloop. Ek het hom vandag raakgeloop en die mankheid was weg. Waarheen het dit gegaan? Dit was die vorige dag nog daar. Het dit in die nag verdwyn? ‘Jy loop goed,’ het ek gesê. ‘Wat het gebeur?’ Sy reaksie was onskatbaar. ‘My fisioterapeut het vir my gesê dat ek my brein weer moes oplei.’ Sy brein is opgelei om pyn te verwag, dus het hy in afwagting daarvan mank geloop. Selfs toe hy nie die pyn ervaar het nie, het sy brein gesê, ‘Wag net. Dit kom nog!’ Die Bybel sê dat jy in Christus ‘…’n nuwe skepping [is]. Die ou dinge is verby, kyk, die nuwe is hier!’ (2 Korintiërs 5:17 NLV). Jy moet egter jou denke verander deur te glo, dit te aanvaar en daarvolgens op te tree. Christus het al reeds die herstellende ‘operasie’ gedoen. Net soos my vriend ‘n nuwe heup gegee is, so het God vir jou ‘n nuwe lewe gegee. Die ou ene is weg, saam met al die slegte dinge wat jy gedoen, gedink en gesê het. Jy is ‘n splinternuwe skepping. Jy moet egter jou brein oplei om God se vergifnis te aanvaar en die herstellende werk wat Jesus in jou lewe gedoen het, te aanvaar.’ Dus, lei weer jou brein op.

Sielskos: Sag 1-4; Luk 22:63-71; Ps 3; Spr 24:23-25