Leer om te mediteer

2017-11-07
Psalm 1:2 NLV

Skoenlappers se areas van bestuiwing is groter, maar bye maak meer heuning bymekaar. Dit is omdat die skoenlappers net oor die blomme vlieg, terwyl die by op elke blom land en lank genoeg bly om die nektar te versamel. Dit is die verskil daarin om net jou Bybel in ‘n paar gejaagde minute te lees en om die tyd te neem om oor dit wat jy lees te mediteer. Meditasie is nie iets moeiliks en geheimsinnig wat net deur kundiges en ‘geestelike mense’ beoefen kan word nie. Dit behels eenvoudig dat jy diep en aanhoudend oor ‘n Skrifgedeelte dink, dit memoriseer, dit toelaat om wortel te skiet, totdat dit ‘n lewenskrag is wat elke dag binne in jou werk. Die punt is nie hoe baie jy van die Skrif memoriseer nie, maar wat met jou in die proses daarvan gebeur. Wanneer jy oor God se Woord mediteer, verhelder jou begrip en word jou optrede gekorrigeer. Dit verryk jou denke en rus jou toe deur jou ander gedagtes te laat dink as wat jy sou terwyl jy bevoorbeeld televisie gekyk het of inkopies gedoen het. Die Psalmdigter skryf: ‘Gelukkig is die mense wat…vreugde vind in die gebooie van die Here en sy voorskrifte dag en nag oordink. Hulle is soos bome geplant langs ‘n rivier, wat vrugte dra op die regte tyd. Hulle blare verwelk nie; in alles wat hulle doen, is hulle voorspoedig’ (verse 1-3 NLV). Meditasie oor God se Woord is die geneesmiddel vir morele en geestelike swakheid; vir ‘n lewe met geen fokus nie; vir ‘n gebrek aan intimiteit met God; vir kroniese swak geloof wat veroorsaak dat jy misluk en God se beste verbeur. Maak dus jou Bybel oop, lees dit en bid, ‘Here, wat sĂȘ U hiermee vir my?’ Mediteer dan op sy antwoord.

Sielskos: Jes 53-57; Joh 7:33-44; Ps 15; Spr 29:4-6