Leer om te lei (2)

2017-10-22
2 Korintiërs 7:4 NLV

Wanneer mense ‘gebruik’ voel, sal hulle hul werk halfhartig doen, maar wanneer hulle gewaardeer voel, sal hulle jou orals volg. Paulus, een van die beste leiers van alle tye, het vir die Korintiese gelowiges gesê, ‘Ek is baie openhartig met julle; ek is ook baie trots op julle. En ek is regtig vol moed en oorstelp van blydskap…’ Hy was hulle grootste rasieleier. Hy het hulle nie net gekorrigeer nie, hy het hulle ook gerusgestel. Hy het hulle nie net vermaan nie, maar hulle ook versterk – al die eienskappe van uitstekende leierskap. Goeie leiers: 1) Is konsekwent. Hulle is ‘n voorbeeld vir ander sodat almal weet dat dit wat op die onderkant van die leer gehoor word, aan die bokant uitgeoefen word. 2) Wys hulle waardering, omdat hulle besef dat mense nodig het om te hoor dat hulle ‘n belangrike deel van die span en die visie is. 3) Luister altyd na voorstelle, opinies, besorgdhede en idees. Hulle oordeel nie vooraf nie en hulle is nie ongeduldig nie. Die skrywer Betty Bender het gesê: ‘Dis ‘n fout om jouself met mense te omring wat net soos jy is. Gooi die bekende af en omring jouself met verskillende en verbeeldingryke mense. Kyk dan hoe baie idees kom na vore!’ 4) Moenie mense as statistieke sien nie. Mense is nie net wins en verlies nie. 5) Verduidelik hoekom dinge op ‘n spesifieke manier gedoen word. Dit verminder foute en mense sal dan nie voel dat hulle net bevele uitvoer nie. Clarence Francis het gesê, ‘Jy kan ‘n man se tyd en fisiese teenwoordighed op ‘n sekere plek koop. Jy kan egter nie entoesiasme, inisiatief, lojaliteit en toewyding koop nie. Jy moet dit verdien.’

Sielskos: Jes 61:1-9; Luk 4:16-30