Leer om binne jou vermoë te lewe

2017-11-29
Spreuke 22:7 NLV

Hier is ‘n idee om uit skuld uit te kom en daaruit te bly. In plaas van om daarna as jou ‘kredietkaart’ te verwys, begin om dit as jou ‘skuldkaart’ te sien. Volgende keer wat jy die lus kry om iets te koop wat jy nie nodig het of kan bekostig nie, sal dit dalk jou lus demp. Daar is ‘n verhaal oor ‘n nutsman wat na ‘n miljoenêr se huis uitgeroep is om die vloere te teël. Die ryk man se vrou het gesê, ‘Wees veral versigtig met die eetkamertafel. Dit gaan terug na Louis XVI se tyd.’ Die nutsman het geantwoord, ‘Dis niks. As ek nie teen volgende Vrydag ‘n betaling maak nie, gaan my hele woonkamer terug na die meubelwinkel toe!’ Daar word gesê dat die gemiddelde mens vandag ‘n kar bestuur wat deur die bank gefinansier is, met petrol wat met ‘n kredietkaart gekoop is, na die winkel om nog ‘n rekening oop te maak, om hulle huis waarop hulle ‘n verband van dertig jaar by die bank uitgeneem het, vol te maak met meubels wat op ‘n paaiementplan gekoop is. Die Bybel keur nie skuld af nie, maar waarsku ons teen die gebruik daarvan. ‘Soos rykes oor armes heers, so is die man wat geld leen. Hy is die slaaf van die man by wie hy leen.’ Dis in orde om vir noodsaaklikhede te leen, maar jy moet altyd vir luukshede betaal. Waar moontlik, betaal kontant of moet dit nie koop nie. ‘Die goddelose leen en betaal nie terug nie…’ (Psalm 37:21 NLV). Dis nie verkeerd om geld te leen nie, maar dit is wel verkeerd om geld te leen en dit nie terug te betaal nie. Die woord vir jou vandag is dus: Leer om binne jou vermoë te lewe.

Sielskos: Gen 20-23; Joh 12:12-19; Ps 146; Spr 31:18-21