Leer by die melaatses
2022-03-19Lukas 17:14 NLV
“…tien melaatse mans… het hard na Hom geroep: ‘Jesus, Here, kry ons tog jammer!’ Toe Hy hulle sien, sê Hy aan hulle: ‘Gaan wys julleself aan die priesters.’ Terwyl hulle soontoe op pad was, het hulle gesond geword. Een uit die groep, toe hy sien dat hy gesond geword het, het omgedraai en met ‘n harde stem vir God geloof… Toe merk Jesus op: ‘Was daar dan nie tien wat gesond gemaak is nie? Waar is die ander nege?’… Aan hierdie man het Hy gesê: ‘Staan op en gaan. Jou geloof het jou gered'” (verse 12-19 NLV).
Hierdie verhaal leer ons drie dinge: 1) Soms kom die antwoord gou; ander kere stadig, stap-vir-stap. Die Bybel sê: ‘…Terwyl hulle soontoe op pad was, het hulle gesond geword…’ Jy weet nie watter stap die antwoord gaan meebring nie, dus moet jy in geloof bly wandel. Mosaïese wette het vereis dat voor ‘n melaatse weer in die samelewing toegelaat kon word, ‘n priester hom eers as ‘skoon’ moes verklaar.
2) Moenie tou opgooi omdat ander mense jou verwerp nie. Hierdie mans het van Jesus verwag om hulle ook soos uitgeworpenes te hanteer. Wanneer jy egter nader aan God beweeg, sal Hy nader aan jou beweeg (sien Jakobus 4:8 NLV). Worstel jy met ‘n kwessie wat veroorsaak het dat ander mense jou vermy of eenkant toe stoot? Jesus sal dit nie doen nie. Hy het gesê: ‘…Ek sal dié persoon wat na My toe kom, glad nie verstoot nie’ (Johannes 6:37 NLV).
3) Onthou altyd om vir God dankie te sê en Hom te prys. Net een van die melaatse mans het die dankbaarheidstoets geslaag. Sou jy geslaag het? Wanneer jy besef hoe baie jou danksegging vir God beteken, sal jy nie ‘n dag laat verbygaan waar jy Hom nie loof en prys nie.
Sielskos: Job 8-10; Luk 18:18-30; Ps 116:1-11; Spr 8:8-9