Laat God dit wat jy reeds het, gebruik

2018-10-20
Eksodus 4:2 NLV

Die Bybel sê, “Moses het egter nog verder teëgestribbel: ‘Hulle sal my nooit glo nie! Hulle sal nie doen wat ek vir hulle sê nie. Hulle sal sommer sê: ‘Jy het nie regtig die Here ontmoet nie.'” Toe vra die Here vir hom: ‘Wat het jy daar in jou hand?’ “‘n Herderstok,’ antwoord Moses. ‘Gooi dit op die grond neer,’ het die Here vir hom gesê. Hy gooi dit toe op die grond en dit het ‘n slang geword…” (verse 1-3 NLV). Om jou herderstok, die ding waarop jy leun, neer te gooi, is vreesaanjaend en teen al jou beginsels wanneer jy ‘n beheervraat is. Solank as wat jy egter daaraan vasklou en dit probeer beheer, kan God dit nie gebruik nie. Moses se herderstok het sy identiteit en sekuriteit verteenwoordig. Dis hoe hy ‘n lewe as ‘n herder gemaak het en homself en sy kudde beskerm het. Toe God dus vir hom sê om dit neer te gooi, het Hy vir Moses gevra om dit wie hy was en dit wat hy gehad het, te laat gaan. Wat is jy nie gewillig om van af te sien nie? Jy beheer nie dit waaraan jy vashou nie, dit beheer jou. As jy dit nie neergooi nie, sal jou herderstok altyd net ‘n herderstok bly. As jy egter die moed het om dit aan God oor te gee, kan dit die geleier van sy wonderbaarlike mag word. Wat is vandag in jou hand? Jy kan daaraan vasklou en kyk wat jy daarmee kan doen, of jy kan dit oorhandig en sien wat God daarmee kan doen. Laat God dit wat jy reeds het, vandag gebruik.

Sielskos: Eks 36-38; Joh 4:39-54; Ps 87; Spr 27:4-6