Kies om oorwinnend te lewe

2018-09-27
1 Johannes 5:4 NLV

Die Bybel sê: ‘…elkeen wat God as Vader het, oorwin die wêreld. Die oorwinning wat die wêreld verower het, is ons geloof.’ Om oorwinnend te lewe, moet jy die volgende drie dinge doen: 1) Beperk die Duiwel daarvan om in jou lewe te beweeg. Jesus het gesê: ‘Dít verseker Ek julle: Watter dinge julle ook al op aarde bind, sal in die hemel gebind wees. En watter dinge julle ook op die aarde losmaak, sal in die hemel losgemaak wees. Boonop verseker Ek julle: As twee van julle hier op aarde saamstem oor enigiets wat julle van God wil vra, sal my hemelse Vader dit vir julle doen. Waar twee of drie bymekaar is, is Ek immers ook saam met hulle daar’ (Matteus 18:18-20 NLV). Satan wil nie hê dat jy moet weet dat jy God-gegewe mag het om sy bewegings in jou lewe te beperk nie, maar jy het. Gebruik dit! 2) Durf om te glo en uit te reik na dit wat God aan jou beloof het. Paulus sê, ‘…wie ruimhartig saai, sal volop oes’ (2 Korintiërs 9:6 NLV). ‘n Saadjie is enigiets wat jy vir ‘n gewenste resultaat plant en ‘n oes is enigiets wat jy besluit om van God af te ontvang. Beide vereis ‘n daad van geloof. Nie net is God jou bron van voorsiening nie, Hy is ook onbeperk, onpartydig en vrygewig. 3) Maak die dromer in jou wakker. Die Bybel sê, ‘…Julle oumense sal drome droom. Jongmense sal visioene sien. In dié tyd sal Ek my Gees selfs op slawe en slavinne uitstort’ (Joël 2:28-29 NLV). Jou seisoen in die lewe is geen probleem vir God nie. Vra Hom net om jou geloof weer aan die brand te blaas en jou visie te herfokus. Kies om oorwinnend te lewe!

Sielskos: Sag 9-11; Luk 23:13-25; Ps 34; Spr 24:29-31