Jy moet met die verlede breek

2018-08-31
Markus 14:3 NLV

Onthou jy die prostituut wat vir Jesus gesalf het? ‘…Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit.’ Sy het haar kosbaarste besitting vir Jesus gegee. Nie net was dit baie waardevol nie, dis was ook deel van haar aantrekkingskrag. Deur dit oop te breek was haar manier om met haar verlede te breek. Onthou jy die herlewing wat in Efese uitgebreek het? Diegene wat towery beoefen het, het hulle boekrolle in die openbaar verbrand. Die waarde van daardie boekrolle word op 50,000 dragmas geskat. ‘n Dragma was ‘n silwer muntstuk wat ‘n dag se loon werd was. Dis 138 jaar se lone! Hulle kon daardie boekrolle verkoop het en die geld in hulle sak gesteek het, maar dan sou hulle hul siele verkoop het. In plaas daarvan het hulle ‘n stelling van R43,825,783.15 gemaak. Ons probleem is dat ons wil hê dat God iets nuuts vir ons moet doen, terwyl ons dieselfde ou ding aanhou doen. Ons wil hê dat Hy ons omstandighede moet verander, sonder om ons enigsins te verander. As ons egter God vir nuwe wyn vra, het ons ook ‘n nuwe wynsak nodig. Verandering is ‘n twee-sydige muntstuk wat lees: Uit met die oue en in met die nuwe! Meeste van ons brand geestelik vas omdat ons aanhou om dieselfde ding te doen, maar ander resultate verwag. Geestelike roetine is ‘n noodsaaklike deel van geestelike groei maar wanneer die roetine roetine word, moet jy dit verander. Wat jou gekry het tot waar jy jou tans bevind, mag jou dalk nie kry tot waar God wil hê jy volgende moet gaan nie.

Sielskos: 3 Joh; Judas; Luk 18:31-43; Ps 119:169-176; Spr 22:20-23