Jy kan weer begin
2017-07-04Matteus 12:20 NLV
Is jy nie bly dat God herstel en nie weggooi nie? Met Hom hoef gebroke lewens nie die einde van die storie te wees nie. God is egter nie net ‘n God van ‘tweede kanse’ nie. Nee, as ons net twee kanse gekry het sou ons almal hopeloos verlore gewees het. God is eerder die God van ‘sewentig maal sewe!’ (sien Matteus 18:22). In Grieks, verteenwoordig sewe oneindigheid. Hy is dus die God van onbeperkte genade. Solank as wat jy jou mislukkings erken en oor wil begin, sal Hy jou in staat stel om dit te doen. Selfs al is jy ‘beskadigde goedere’ en het ander mense jou verwerp, sal God ‘…diĆ© wat reeds geknak is, nie nog verder verbrysel nie en die vonkie hoop wat nog oorgebly het, sal Hy nie uitblus nie… ‘Jesus is toegewyd daaraan om te herstel en gesond te maak, nie om die wat misluk het te breek of af te kraak nie. Die waarheid is dat ons almal misluk! As Adam se nageslag, is ons geneig om dinge natuurlik en moeiteloos op te mors. Abraham het gejok en Sara in gevaar gestel. Jakob het mense verkul. Moses wou dinge op sy eie manier doen en was ‘n voortvlugtige. Dawid het owerspel gepleeg en ‘n getroue vriend verraai. Petrus het sy rug op Christus gedraai. Tog het God elkeen van hulle gebruik om Sy wil uit te voer. Hy sal jou ook gebruik, want, ‘…hoe meer die sonde geword het, hoe oorvloediger het God se genade geword’ (Romeine 5:20 NLV). Jy kan dus weer begin.
Sielskos: 1 Sam 18:1-20:29; Mat 23:13-22; Ps 102:18-28; Spr 17:11-14