Jy is deur die bloed van Jesus verlos
2017-09-151 Johannes 1:7 NLV
Om kerk toe te gaan en jou beste te doen gaan jou nie in die hemel kry nie. Hier is die getuienis van diegene wat reeds in die hemel is: ‘…Aan Hom wat ons steeds liefhet en ons deur sy bloed van ons sondes verlos het, en ons sy koninkryksmense gemaak het, priesters vir God, sy Vader, behoort die heerlikheid en die krag vir ewig en altyd…’ (Openbaring 1:5-6 NLV). Daar is ‘n interessante storie oor ‘n gebreekte tou wat by die Matterhorn Museum in Zermatt, Switzerland, uitgestal word. ‘n Paar rotsklimmers wat die Matterhorn uitgeklim het, het die tou gebruik om hulle aan mekaar vas te bind toe hulle weer by die berg afkom. Een klimmer het egter gegly en drie ander saam met hom by ‘n afgrond afgetrek. Die ander spanlede het hulle gestaal vir die pluk aan die tou, maar tot almal se afgryse het die tou gebreek en het die spanlede tot hul dood geval. Niemand weet hoekom ‘n ondergeskikte tou gebruik is nie. Hulle weet egter dat dit nie ‘n regte Alpynse tou, wat ‘n waarborg het en wat deur ‘n rooi string wat deur die tou gevleg word, gekenmerk word, was nie. Van Genesis tot Openbaring het die Bybel ‘n rooi string wat daardeur vleg, wat jou enigste redding, verteenwoordig – nl. die bloed van Jesus. Deur op Christus se voltooide werk te vertrou, word jy deur God aanvaar en sal die deure van die hemel eendag vir jou oopgaan, waar jy vir ewig saam met Hom sal lewe. Dit is alles op hierdie waarheid gebaseer: ‘…die bloed van Jesus, sy Seun, maak ons skoon van alle sonde.’ Niks meer word vereis nie en niks minder sal jou deur daardie deur kry nie.
Sielskos: Miga 1-4; Mark 13:1-11; Ps 24; Spr 24:15-18