Is jy verslaaf aan pornografie?
2024-05-16Job 31:1 NLV
Daar is sekere deure in die lewe wat moeilik is om te sluit nadat dit eers oopgemaak is – pornografie is een van hulle. Soos enige verslaafde het jy toenemende dosisse nodig om jouself tevrede te stel, totdat jy uiteindelik geskok en beskaamd oor die dieptes waartoe jy gesink het, is. Statisties gesproke is die probleem presies dieselfde in die kerk as in die samelewing. Jesus het ons geleer om te bid dat ons van die bose verlos sal word. Hierdie bose is egter nou deur die televisie en die internet in ons huise ingebring. Ouers, beskerm jou kinders van dinge wat hulle gedagtes kan besmet en hulle kanse om gesonde verhoudings te bou, kan seermaak.
As jy aan pornografie verslaaf is, bid die volgende: ‘Here, wis tog my sonde uit (sien Psalm 51:3). Help my om op te hou om myself vir skaamte en mislukking deur die dinge waarvoor ek myself beskikbaar stel, oop te stel (sien Romeine 13:14). Ek bely my sonde en vra vir u verlossing. Onthul die emosionele behoeftes wat ek probeer vervul aan my en gee my die moed, krag en wysheid om dit op ‘n manier wat U eer, te hanteer. Ek wil Job se voorbeeld volg, want hy het ‘n verbond met sy oë gesluit om nie na sondige dinge te kyk, daarvoor te wens of dit te begeer nie. Ek kan dit nie in my eie krag doen nie. Vul my met u Gees. Gee vir my iemand wat ek kan vertrou om eerlik met my te wees – iemand wat hierdie las in gebed met my sal deel en vir my verlossing sal glo. Gee my ‘n verlange na U wat alle wellustige gedagtes sal oortref en vernietig. In Jesus se naam bid ek dit. Amen.’
Sielskos: Deut 32:29-34:12; Mark 9:1-13; Ps 62; Spr 12:18-19