Is jy deur die kerk seergemaak? (1)
2025-10-13Matteus 16:18 NLV
Om deur ‘n ander Christen seergemaak te word, kan verwoestend wees, maar die kerk is vol van onvolmaakte mense wat dinge doen wat hulle nie moet nie. Soos C. S. Lewis gesĂȘ het: ‘God werk deur allerhande maniere met ons. Bowenal werk Hy deur ander met ons.’ Voor jy dus tou opgooi en wegloop, oorweeg hierdie voorstelle:
1) Erken hoe baie dit seermaak en begin die seer hanteer. Om weg te hardloop sal nie help nie. Nader die persoon wat jou seergemaak het met die veronderstelling om te versoen. Bespreek jou pyn met die doelwit om dit te laat gaan en aan te beweeg.
2) Vra: ‘Wat is my rol in hierdie situasie?’ As dit niks met jou te doen het nie, soos in die geval van ‘n vertroude leier wat moreel of wetlik gestruikel het, vra jouself af of jy idealistiese verwagtinge van hul menswees het. Het jy gedink dat hulle perfek is? Noudat jy besef dat hulle nie is nie, kan jy hulle vergewe?
3) Vra God wat om volgende te doen. Hy ken die harte van die mense wat betrokke is. Gee Hom tyd om te antwoord.
4) ‘Bo alles, wees versigtig met wat in jou hart aangaan. Wat jy dink, bepaal alles wat jy doen’ (Spreuke 4:23 NLV). Kies om God te volg, selfs wanneer jou hart breek. Hy alleen kan motiewe en bedoelings oordeel en Hy is regverdig en redelik.
5) Indien jy steeds voel dat jy moet loop, beloof jouself en God dat jy op ‘n goeie voet sal gaan. Moenie kwaad wees nie en erken die goeie dinge, hoe klein dit ook al mag wees. Die belangrikste van alles is dat jy nie tou opgooi nie. Vind ‘n ander huis van aanbidding en wy jouself met ‘n oop hart daaraan toe.
Sielskos: 2 Sam 22:31-24:25; Joh 4:13-26; Ps 32; Spr 23:29-35