Inspanning en luiheid
2017-12-08Spreuke 14:23 NLV
In die boek Spreuke, praat Salomo gereeld van luiaards. ‘n Luiaard is nie ‘n persoon wat sal werk, maar nie ‘n werk kan kry nie; ‘n luiaard is ‘n persoon wat kan werk maar nie wil nie. Daar is ‘n verhaal van ‘n man wat vir hulp by die welsynskantoor aansoek gedoen het. Die welsynswerker het gevra, ‘Hoekom het jy finansiële hulp nodig?’ Hy het geantwoord, ‘Ek het probleme met my oë.’ Die werker het gevra, ‘Wat is die aard van die oogprobleem?’ Die man het geantwoord, ‘Ek kan myself net nie sien dat ek elke dag gaan werk nie.’ Elke luiaard het oogprobleme. Of dit pla hom nie solank iemand anders net die werk doen. President Theodore Roosevelt was reg toe hy gesê het: ‘Moet nie jammer wees vir enige man omdat hy moet werk nie. As hy sy sout werd is, sal hy werk. Ek beny die man wat werk het wat waardevol is om te doen en wat dit goed doen. Die beste prys wat die lewe bied, is by verre die kans om hard te werk aan iets wat betekenisvol is.’ Op ‘n manier het ons die gees van dit wat president Roosevelt bedoel het, verloor. Vra enige werkgewer en hulle sal vir jou sê dat dit moeiliker word om iemand te kry wat sal werk, wat hard sal werk, die werk reg sal doen en die taak sal voltooi. God is nie teen ontspanning gekant nie. ‘n Werker wat uitgerus en verfris is, is ‘n beter werker. Salomo se kontras in Spreuke is tussen inspanning en luiheid. Ouer, een van die beste dinge wat jy vir jou kinders kan doen, is om ‘n sterk werksetiek aan hulle oor te dra en hulle so vir sukses in die lewe voor te berei.
Sielskos: Gen 40-41; Joh 16:16-33; Ps 148:7-14; Pred 5:4-6