Hou op om jouself pak te gee
2017-08-21Jakobus 3:2 NLV
Wanneer jy sondig, sal God se Gees jou van ‘n behoefte om dit te bely en om jou weë te verander, oortuig. Totdat jy egter jou hemelse liggaam aanneem, sal jy altyd met sonde sukkel. Die apostel Jakobus het geskryf, ‘Ons almal maak baie foute…’ Om te val is egter nie wat jou ‘n mislukking maak nie – dis wanneer jy nie weer opstaan nie! Staan op, stof jouself af, ontvang God se genade, leer uit die ervaring en beweeg aan. Die Bybel sê, ‘Vir hulle wat aan Christus Jesus verbind is, is die oordeel nou heeltemal weggeneem’ (Romeine 8:1 NLV). God veroordeel jou nie, hou dus op om jouself te veroordeel. God is ook nog nie klaar met jou nie. Partykeer is ons skuldig daaraan dat ons die verkeerde ding met die regte bedoeling doen. In 1957 het Ford Motors byvoorbeeld die nuwe Edsel as die ‘kar van die dekade’ beskryf. Probeer dit vir al die motoriste wie se deure nie wou toemaak nie, wie se toeters vasgehaak het en wie se transmissies gebreek het, vertel! Onthou jy die Toring van Pisa in Italië, waar die argitek ‘n drie meter diep fondasie vir ‘n 54 meter hoë gebou ontwerp het? Hoe sal jy daarvan hou om dit op jou résumé te hê? Die feit bly staan, die talentvolste mense maak dikwels die grootste foute. Salomo skryf, ‘Want daar is niemand op aarde wat regverdig is nie, niemand wat goeddoen en nooit sondig nie’ (Prediker 7:20 NLV). Paulus voeg by, ‘Nie dat ek alles al bereik het, of al klaar volmaak is nie. Maar ek hou aan jaag om dit myne te maak omdat Christus Jesus my Sýne gemaak het!’ (Filippense 3:12 NLV). Hou dus op om jouself pak te gee.
Sielskos: 2 Kron 16-18; Mark 6:30-44; Ps 119:113-120; Spr 22:1-3