Hou op om dinge te doen wat nie werk nie

2018-01-11
Kolossense 3:16 NLV

Daar word ‘n verhaal vertel van ‘n paartjie wat besluit het om saam eende te gaan jag. Hulle het gehoor dat hulle ‘n goeie jaghond gaan nodig kry dus het hulle een gaan aanneem. Hulle het ook gehoor dat hulle ‘n goeie jaggeweer gaan nodig kry, dus het hulle een by die winkel gaan koop. Toe het hulle gaan jag. Teen die einde van die dag het hulle nie ‘n enkele eend gejag gekry nie. Die man sê toe vir sy vrou, ‘Liefie, iets doen ons verkeerd.’ Sy vrou het geantwoord, ‘Wel, miskien as ons die hond bietjie hoër gooi sal hy die eende kan vang.’ Wanneer dit by die Christelike lewe kom, probeer ons dinge met gereedskap wat nie werk of sin maak nie, bereik. ‘n Hond is nie die regte wapen om eende te jag nie – jy het koeëls daarvoor nodig. Hoekom het Paulus geskryf, ‘Laat die rykdom van alles wat Christus ons leer, julle leefstyl bepaal…’? Omdat wanneer die Woord van Christus in jou hart bly, jy met God se wysheid toegerus word. Jy kan nie ‘n probleem oplos deur dieselfde element te gebruik wat die probleem veroorsaak het nie. Jy het God se wysheid nodig, wat jy in sy Woord vind. Minder as 30 persent van Christene lees daagliks hulle Bybel. Dink daaroor: 70 persent Christene soek die antwoord op die verkeerde plekke. Wanneer jy ‘n probleem het, moet jou eerste vraag wees, ‘Wat sê God se Woord hieroor?’ ‘Begrip van u woord bring lig; dit gee insig aan die eenvoudige’ (Psalm 119:130 NLV). In plaas daarvan om dinge te doen wat nie werk nie – draai na God se Woord.

Sielskos: Lev 15-17; Matt 6:1-8; Ps 46; Spr 1:32-33