Hou op om ander te blameer en aanvaar verantwoordelikheid (2)

2018-05-12
Genesis 3:13 NLV

Adam het vir God gesê, ‘Eva het my dit laat doen.’ En Eva het vir God gesê, ‘Die Duiwel het my dit laat doen.’ Om verskonings te maak en ander te blameer is in ons DNA ingebou en totdat jy daarby verby kan kom, sal jy nooit vordering maak of ware geluk smaak nie. Hier is ‘n stelling waarby jy moet stop en oordink: Ek is die mens waarop ek nog die heeltyd wag – niemand anders is oppad nie! As jy gewillig is om verantwoordelikheid vir jou lewe te neem, sal jy ontdek dat dit nie saak maak wat ander mense doen nie, jy alleen is verantwoordelik vir jouself. Jy besluit hoe om te reageer. Daar is nie ‘n ridder op ‘n wit perd wat om die hoek vir jou wag nie. Jou skip is nie oppad nie. Die gety gaan nie draai nie. Wat gaan jy dus doen? Wanneer iemand anders se aksies jou seergemaak het, kan jy een van twee dinge doen: 1) Jy kan soos ‘n melaatse sit en by die hek van blaam en kla doodgaan (sien 2 Konings 7:3). 2) Jy kan met ‘n strategie vorendag kom wat jou in staat stel om te sê, ‘Ek is te waardevol om dood te gaan, te taai om te sit en wag vir iemand anders en te kreatief om jou verwaarlosing as my lot te aanvaar.’ Eers wanneer jy gewillig is om op te hou om jouself en ander te blameer en verantwoordelikheid vir jou lewe en jou situasie te aanvaar, sal God jou bemagtig om dinge te verander. Hierdie benadering sit die termostaat binne jou bereik en beheer. In plaas van om te vries of in ongemak te sweet, kan jy die temperatuur van jou lewe stel en die terme van jou toekoms verander.

Sielskos: Deut 25-27; Mark 8:1-13; Ps 44:9-16; Spr 12:10-11