Hou aan om jou denkpatrone te vernuwe
2024-07-04Romeine 12:2 NLV
Hoe vernuwe ons ons denkpatrone? Een pastoor skryf: ‘Die manier hoe om jou denkpatrone op te gradeer, is om die Skrif af te laai. Dokters van die Nasionale Instituut van Geestelike Gesondheid het ‘n fassinerende studie gedoen deur mense te vra om ‘n eenvoudige motoriese taak – ‘n vinger-tik oefening – uit te voer. Soos die deelnemers hul vingers getik het, het die dokters ‘n MRI gedoen om die deel van die brein wat geaktiveer word, te identifiseer. Die deelnemers het toe die vinger-tik oefening daagliks vir vier weke lank geoefen. Aan die einde van die vier weke is die breinskandering herhaal. In elke geval het dit gewys dat die area van die brein wat by die oefening betrokke was, uitgebrei het. Daardie eenvoudige taak – ‘n vinger-tik oefening – het letterlik nuwe senuweeselle gewerf en senuverbindings herbedraad. Wanneer ons die Skrif lees, werf ons nuwe senuweeselle en herbedraad ons ons senuverbindings. In ‘n sekere sin laai ons ‘n nuwe bedryfstelsel af wat ons gedagtes herkonfigureer. Ons hou op om menslike gedagtes te dink en begin Goddelike gedagtes dink.’
‘Julle gesindheid moet soos Jesus Christus s’n wees’ (Filippense 2:5 NLV). Hoe vervul ons hierdie opdrag? Paulus sĂȘ vir ons hoe: ‘Laat die rykdom van alles wat Christus ons leer, julle leefstyl bepaal. Met daardie wysheid moet julle mekaar onderrig en mekaar die regte pad wys. Sing met dankbare harte psalms, lofgesange en geestelike liedere tot eer van God’ (Kolossense 3:16 NLV).
Hetsy deur prediking, onderrig, lees of sang, word ons brein in ooreenstemming met God se Woord herbedraad en ons ontwikkel die gesindheid van Christus. Ons dink sy gedagtes. Gevolglik doen ons sy wil in plaas daarvan om deur ons eie wil gelei te word. Hou dus aan om jou denkpatrone met God se Woord te vernuwe.
Sielskos: 1 Sam 14-15; Luk 4:14-30; Ps 98; Spr 17:1-3