Hou aan hardloop

2018-08-30
Hebreërs 12:1-2 NLV

Ervare drawwers weet dat as hulle net aanhou hardloop, hulle uiteindelik hulle ‘tweede asem’ sal kry – ‘n vrystelling van adrenalien wat jou laat voel asof jy heeldag kan hardloop. Hou vandag aan hardloop totdat jy jou tweede asem kry! Paulus sê, ‘…kom ons stroop alles af wat ons spoed kan vertraag, veral die sonde wat so maklik ‘n houvas op ‘n mens kry. Kom ons hardloop met volharding op die baan wat voor ons uitgestrek lê, ons oë vasgenael op Jesus, die Een op wie ons geloof vanaf die wegspring tot by die eindstreep steun. Hy het ter wille van die blydskap wat daar voor vir Hom gewag het, die kruis verduur. Ja, Hy het Hom selfs deur die skande van die kruisdood nie laat afskrik nie. En nou sit Hy op die ereplek langs God se troon! Dink aan Hom wat soveel vyandigheid van sondaarmense deurstaan het. Laat dit julle inspireer om nie uit te sak en tou op te gooi nie (verse1-3 NLV). Moenie toelaat dat dit wat rondom jou aangaan, dit wat God binne-in jou doen, saboteer nie. Oor die algemeen word jou uitkyk deur dit wat tans gebeur, geaffekteer. Hou in gedagte dat dit wat jy tans deurmaak, tydelik is. In die Ou Testament het God vir Jesaja gesê, ‘…troos my volk… Sê vir hom sy hartseerdae is verby. Sy sondes is vergewe…’ (Jesaja 40:1-2 NLV). Dan gaan Hy voort om hierdie wonderlike belofte te maak: ‘Vul die valleie op! Maak elke berg en heuwel gelyk… Dan sal die heerlikheid van die Here bekend word en alle mense sal dit sien. Die Here self het so gesê’ (verse 4-5 NLV), Eis hierdie belofte vandag vir jouself op – en hou aan hardloop!

Sielskos: 2 Kro 35-36; 2 Joh; Luk 18:18-30; Ps 119:161-168; Spr 22:17-19