Hou aan en hou uit
2018-02-10Filippense 3:13 NLV
Om jou geloof te ontwikkel is soos om swemlesse te neem. 1) Vrees is soos water; as jy dit toelaat, sal dit jou ondertoe trek. 2) Jy kan net vir so lank water trap voor jy verdrink. 3) Wanneer jy ‘n sekere punt bereik het, is daar nie kans vir terugdraai nie. 4) Geloof is soos die asem in jou longe; dit sal jou dra en jou drywend hou as jy net ontspan. Het jy al ooit ‘n gesoute swemmer dopgehou? Hy neem stryk vir stryk letterlik dit wat voor hom is en druk dit na agter toe, wat hom na sy doel toe voortdryf. Soms raak ons wanhopig en sê, ‘Ek probeer net my kop bo die water hou.’ Dis goed so, solank jy net aanhou swem. Dis wanneer jy voel dat jy in ‘n hoek gedruk word met geen uitkomkans nie, wat jy aan jou geloof wat God binne in jou geplaas het, moet vashou en moet aanhou vorentoe beweeg. Jesus het gesê, ‘Maar van die dae van Johannes die Doper af tot nou toe word die koninkryk van die hemele bestorm, en bestormers gryp dit met geweld’ (Matteus 11:12 AFR53). Die woord ‘geweld’ stel woestheid, passie en intensiteit voor. Jy moet meedoënloos wees en jou pad oopveg, met die vertroue dat God aan jou kant is – want Hy is (Psalm 56:10 NLV). Die waters waarin jy is bepaal nie jou lotsbestemming nie; dit kan jou of ondertoe trek of jou daar deur bring. Dit neem geloof om aan te hou en uit te hou. As jy opgee, kan God niks meer vir jou doen nie! So of jy nou vandag borsslag, rugslag of ‘n ander slag waarvan niemand al gehoor het nie, swem – hou aan en hou uit.
Sielskos: Num 32:25-33:56; Matt 13:36-46; Ps 134; Spr 4:5-13