Hoe om probleme op te los (2)

2019-08-16
Psalm 28:7 NLV

Tweedens, moet jy die regte probleem identifiseer. Soms kan ‘n dokter jou genees, ander tye kan hy of sy medikasie voorskryf wat jou in staat stel om met jou probleem in meer gemak saam te lewe. Eerstens moet hulle dit egter diagnoseer. Die filosoof Abraham Kaplan tref hierdie onderskeid tussen probleme en penaries: “‘n Probleem is iets waaraan jy iets kan doen. As jy niks daaraan kan doen nie, is dit nie ‘n probleem nie, dis ‘n penarie. Dit beteken dat dit iets is wat jy moet hanteer, iets is wat jy moet verduur. Wanneer jy ‘n penarie as ‘n probleem hanteer, kan jy gefrustreerd, kwaad en depressief word. Jy mors jou energie en maak slegte besluite. Dis dan wanneer al jou pogings misluk, jy tou opgooi en jouself as ‘n slagoffer sien.” Hier is ‘n voorbeeld: Wanneer jy getroud is, is jy dalk ‘n ‘oggendpersoon’ en jou eggenoot is ‘n ‘nagpersoon,’ of andersom. Dis ‘n penarie. Jy kan dit nie verander nie. Jy kan nie die manier waarop mense aanmekaar gesit is verander nie. As jy probeer, sal jy en jou eggenoot baie konflik ervaar en sal daar geen oplossing gevind word nie. Jou gesukkel om maniere te kry om as gevolg van julle verskillende roetines tyd saam te spandeer, is egter ‘n probleem en dit kan opgelos word. Hier is nog ‘n gedagte: Soms sal God jou uit ‘n slegte situasie red en soms sal Hy dit gebruik om jou karakter te ontwikkel en jou meer soos Christus te maak. Dawid het gesĂȘ: ‘Die Here is my krag, my beskermer wat ek met my hele hart vertrou. Hy help my en my hart is vol vreugde. Daarom dank ek Hom met my lied.’

Sielskos: Rig 19:16-21:25; Matt 18:10-20; Ps 119:97-104; Spr 18:6-8