Hoe om paniekaanvalle te hanteer
2018-02-20Spreuke 3:25 ABA
Jy kan nie asem kry nie, jou handpalms sweet, jou bors is styf en jy voel swak. As jy al ooit ‘n paniekaanval gekry het, sal jy hierdie simptome herken. Dokters skat dat omtrent ‘n derde van ons ten minste een paniekaanval per jaar kry. As jy een van hierdie mense is, is hier ‘n paar goed wat jy kan doen om jouself te help: 1) Haal diep asem. Paniek laat jou kort en oppervlakkig asemhaal, terwyl diep asemteue jou kalmeer en jou laat ontspan. Wanneer jy dus oorweldig voel, stop en asem die naam van Jesus in. Probeer dit; dit werk! 2) Praat met jouself. Sê, ‘Deur God se genade kan ek hierdie hanteer’ (sien 2 Korintiërs 12:9). As jy met nog paniek reageer, sal jy net verder in die moeilikheid beland. Om jouself toe te laat om paniekerig te wees sonder om daaraan toe te gee, klink dalk moeilik aan die begin, maar dit help jou om die siklus te breek en beheer van jou denke te neem. 3) Doen iets kalmerends. Dit mag dalk die laaste ding wees wat jy lus is om te doen, omdat paniekaanvalle jou instinktief gedagtes laat dink wat jou vrees voed. Neem dus ‘n minuut en fluister ‘n gebed, haal ‘n teksvers aan, luister na inspirerende musiek of praat met ‘n vriend. As jou paniekaanval aanhou, is daar geen rede om skaam te wees om professionele hulp te kry nie. Dit is immers God wat aan dokters die vaardighede gee om jou te kan help. Hier is ‘n Skrifgedeelte wat jy moet neerskryf en byderhand moet hou: ‘Jy sal kan gaan slaap sonder om bang te wees. Jy sal rustig kan bly slaap. Jy hoef nie bang te wees dat teëspoed jou skielik sal tref nie… Die Here is jou beskermer…’ (Spreuke 3:24-26 NLV).
Sielskos: Heb 11:17-13:25; Matt 15:29-39; Ps 28; Spr 5:3-6