Hoe om God se vergifnis te ontvang

2020-01-13
Psalm 32:5 NLV

Toe God Dawid se owerspel en moord vergewe het, het hy geskryf: ‘Geseënd is die mens wie se opstand vergewe is, wie se oortredings afgeskryf is. Geseënd is die mens wie se sonde die Here nie toereken nie, in wie se lewe daar geen bedrog is nie! Toe ek oor my sonde stilgebly het, het my liggaam gekwyn van ellende, het ek die hele dag lank gekreun. Dag en nag was u hand swaar op my. My krag het verdwyn soos water in somerhitte. Maar ek het my oortredings bely, my sonde nie weggesteek nie. Ek het gesê: ‘Ek bely my opstand teen die Here.’ En my sonde en oortredings het U vergewe’ (verse 1-5 NLV). Onbelyde, onvergewe sonde sal jou aaklig laat voel. Wanneer jy dit egter bely het en God se vergifnis ontvang het, behoort jy baie beter te voel. Hoekom voel ons dus so sleg? Baie keer is dit as gevolg van die manier wat ons grootgemaak is. Ons het grootgeword met woorde soos: ‘Ek hoop jy voel sleg oor wat jy gedoen het!’ of ‘Skaam jou!’ As dit ‘n groot oortreding was, kon jy selfs vir ‘n hele ruk gehok gewees het. Ons is met ander woorde geprogrammeer vir langtermyn skuldgevoelens. Die goeie nuus is dat God se vergifnis nie so werk nie. Die oomblik wat jy jou sonde bely, word jy skoongewas daarvan en kan jy met volle vertroue voor God staan. Moenie toelaat dat Satan jou aanhou veroordeel nie. Weier om rond te loop met gevoelens van skuld en skaamte. Bely soos die Psalmdigter jou sondes voor God en ontvang sy vergifnis. Lewe dan vry, met selfvertroue en vreugde!

Sielskos: Eks 13-15; Matt 6:9-18; Ps 71:17-24; Spr 2:3-5