Hoe goed luister jy?

2019-01-29
Markus 4:9 DB

Studies bewys dat ons 50 persent van dit wat ons hoor, onmiddellik vergeet, 80 persent daarvan binne ‘n dag vergeet en 97 persent daarvan binne ‘n week vergeet. Wat is dus die oplossing? Wanneer jy luister, maak dit jou doelwit om te verstaan, nie net om die feite te onthou nie. Wees eerlik. Hoeveel keer het jy al gesê dat jy meer tyd gaan spandeer om na die mense in jou lewe te luister? Begin om dit te doen, want as jy nie vir die lewe se ‘spesiale oomblikke’ opdaag nie, sal daar voor jy jou oë kan uitvee, geen oomblikke meer wees om voor op te daag nie. Die mense wat waarlik na ons luister, word die belangrikste mense in ons lewens. As jy een van hulle wil wees, moet jy drie dinge doen: 1) Kyk direk na die spreker. Moenie iemand verkleineer deur werk te probeer opvang, op die foon te praat of op jou foon te speel terwyl hulle met jou praat nie. Fokus op hulle! 2) Moenie hulle in die rede val nie. Wanneer jy dit doen, dink mense dat jy nie veel waarde aan dit wat hulle sê, heg nie. Of dat jy hulle probeer beïndruk met hoeveel jy weet. Of dat jy te opgewonde is oor dit wat jy tot die gesprek wil byvoeg om hulle te laat klaar praat. 3) Skort jou oordeel op. Wag tot jy die hele storie gehoor het voor jy reageer, anders sal jy dalk die belangrikste dinge wat die spreker te sê het, misloop. Kan jy aan iemand dink na wie jy nie die afgelope tyd geluister het nie? Die goeie nuus is dat dit nooit te laat is om ‘n goeie luisteraar te word nie.

Sielskos: Pred 5-8; Luk 6:37-49; Ps 107:10-16; Spr 3:19-20