Herbou jou huwelik (1)

2024-10-04
1 Petrus 3:7 NLV

Een pastoor gee die volgende raad: ‘Om ware intimiteit – fisies en emosioneel – terug te kry, om die nabyheid wat julle in die verlede ondervind het te herstel, moet jy gewillig wees om jou hart en siel weer oop te maak.’ As jy seergekry het, is dit nie so maklik nie. Jy moet egter die risiko neem om jouself aan die onbekende bloot te stel om sodoende weer met mekaar te konnekteer.

Hy gaan voort: ‘Om jou huwelik terug van die rand van egskeiding te bring is nie maklik nie; in elke verhouding is daar unieke oorwegings wat opgelos moet word. Of die probleme in jou huwelik uit eksterne omstandighede, soos om ‘n huis of werk te verloor, of probleme met die verhouding, soos egbreuk of verslawingskwessies voortspruit, kan jy slegs jou verhouding herbou deur te herleef wat julle eens gehad het en weer by mekaar aan te sluit. Die eerste stap om weer met jou maat te konnekteer, is om die kuns te beoefen om die ander persoon te leer ken.’ Dit neem tyd, aandag en inspanning om jou maat se behoeftes te leer verstaan.

Die pastoor voeg by: ‘Wat tipies gebeur wanneer ons iemand begin leer ken, is dat ons hulle eers in ‘n boks op grond van wie en wat ons dink hulle is, plaas. Dan plak ons ‘n etiket op die boks wat ons hoop vir die res van hul lewens van toepassing sal wees. Om iemand werklik te ken, gaan nie daaroor om te besluit wie hulle moet wees en dan wil hĂȘ dat hulle vir altyd so moet bly nie. Die raaisel om ‘n ander te ken vereis toewyding tot lewenslange onderrig.’ As jy ernstig daaroor is om jou huwelik te herbou, moet jy jou maat leer ken en hulle behoeftes verstaan.

Sielskos: Eks 1-3; Luk 24:45-53; Ps 51; Spr 25:23-25