God se onverdiende goedheid aan jou

2017-09-02
2 Samuel 9:7 NLV

In die Bybelse tyd, wanneer ‘n nuwe koning die troon bestyg, het hy gewoonlik elke lid van die ou koning se familie doodgemaak of verban. Jonatan, koning Saul se seun en Dawid, vir wie Saul gehaat het, was groot vriende. Hulle het ‘n belofte aan mekaar gemaak om mekaar met hul lewens te beskerm. Nadat Jonatan en Saul in ‘n veldslag dood is, het Jonatan een oorlewende seun, Mefiboset, gehad. Dawid het vir Mefiboset na die paleis laat bring en vir hom gesê, ‘…Moenie bang wees nie! Ek sal aan jou goeddoen ter wille van jou pa, Jonatan. Ek gee al die grond wat voorheen aan jou oupa Saul behoort het aan jou terug. Maar jy sal van nou af hier in my paleis eet.’ Mefiboset het in Lo-Dabar gewoon, wat ‘n baie arm gebied was. Dis beduidend, want wanneer jou selfwaarde baie laag is, word dit gewoonlik in jou omstandighede gereflekteer. Jy gee of heeltemal op, of strewe daarna om perfek te wees. Jy hoef egter nie een van die twee te doen nie. Die Bybel sê dat God ons vergewe het op grond van wat Christus gedoen het (sien Efesiërs 4:32). God se aanvaarding van jou is nie gebaseer op wie jy is nie, maar op Wie s’n jy is! Mefiboset was kreupel in beide voete en kon nie behoorlik loop nie. Geestelik gesproke, kan jy ook nie behoorlik loop nie! ‘Mefiboset self het egter in Jerusalem gebly omdat hy in die paleis geëet het…’ (2 Samuel 9:13 NLV). Sy voete kon nie gesien word nie, omdat hulle onder die koning se tafel was. God doen dieselfde vir jou! Dit beteken dat jy altyd aanvaarbaar in sy oë is – insluitend hierdie oomblik.

Sielskos: Jos 11-13; Mark 9:38-50; Ps 142; Spr 23:7-9