God sal jou beskerm

2018-08-27
Daniël 6:28 NLV

Een Bybelonderwyser skryf: ‘Daar was tye wat ek wou gehad het dat God my uit sekere putte moes red, maar Hy het nie. Hoekom nie? Omdat Hy wou gehad het dat ek moes leer dat sy genade in die put genoeg is. Die vraag is nooit, ‘Wat sal God doen wanneer alles om my lyk of dit vernietig gaan word nie?’ Die vraag is, ‘Wat sal ek doen?’ Ek mag dalk nie die leeus kan oorwin nie, maar ek hoef nie – dis God se werk. Daniël het gesê, ‘My God het sy boodskapper gestuur. Hy het die leeus se bekke toegesluit… want ek het niks verkeerd… gedoen nie…’ (vers 23 NLV). Ek mag dalk nie kan keer dat iemand my hof toe sleep nie, maar soos Daniël, kan ek ‘n beroep op my God doen. ‘…Hy het daar drie maal ‘n dag op sy knieë gegaan om vir sy God te bid en Hom te loof…’ (vers 11 NLV). Hou op om jouself moeg te maak deur teen die Vyand en jou omstandighede te baklei; dis te veel. Steun net op God en wees onskuldig op die aanklagte wat deur diegene wat bang of jaloers is op jou posisie met God en mense, teen jou maak. God het nie Daniël uit die put gered nie; Hy het hom uit die mag van die vyand gered terwyl hy in die put was. Die leeus was steeds daar toe Daniël uit die put gehaal is, in afwagting op hulle volgende slagoffer. Hulle het egter geen mag oor hom gehad nie – en as ‘n verloste kind van God het hulle ook geen mag oor jou nie.’ Wanneer jy saam met God stap, kan jy daarop staatmaak dat Hy jou sal beskerm.

Sielskos: 2 Kro 25-28; Luk 17:11-19; Ps 119:129-136; Spr 22:8-10