God het hulle lief – jy moet ook

2017-11-25
Handelinge 10:28 ABA

Uit ‘n Joodse oogpunt, was Kornelius, ‘n nie-Jood, ‘n slegte mens. Hy het die verkeerde kos geëet, met die verkeerde mense omgegaan en trou aan die verkeerde leier, Caesar, gesweer. Hy het nie die Tora aangehaal nie en hy was nie van Abraham afkomstig nie. Hy was onbesny, nie kosjer nie en onrein. Tog het hy vir geestelike voorligting gebid en was hy vrygewig teenoor die armes. Die Bybel sê hy het ‘…ontsag vir Hom gehad…. Hy het baie bydraes vir die armes onder die Joodse volk gegee en hy het deurentyd tot God gebid’ (vers 2 NLV). Tot op hierdie punt was die evangelie net aan die Jode oorgedra. God was egter op die punt om dit te verander. Hy het vir Petrus gebruik, een van die mees godsdienstige bevooroordelende mense wat jy ooit sal ontmoet. In ‘n visioen het God vir Petrus ‘n doek gewys wat uit die hemel neergesak het, vol van kos wat Jode verbied was om te eet. Petrus het geprotesteer, ‘Nooit nie, Here!.. Ek het nog nooit iets wat onrein is, geëet nie’ (vers 14NLV). Omdat Petrus nie dadelik verstaan het nie, is die doek drie maal laat sak. Uiteindelik het ‘n stem uit die hemel gesê, ‘…Wat God rein gemaak het, mag jy nie onrein ag nie’ (vers 15 NLV). Gevolglik het Petrus na Kornelius se huis gegaan en die evangelie daar gaan preek. Voordat hy hulle nog kon uitnooi om die evangelie aan te neem, het die Heilige Gees op almal daar teenwoordig neergekom, wat bevestig het dat dit God se wil was. Op daardie punt het Petrus verklaar, ‘…Maar God het vir my gewys dat ek nie mag sê dat iemand nie aan God gewy is óf dat hy onrein is nie.’ Laat God dit vir jou ook wys!

Sielskos: Gen 10-12; Joh 11:38-44; Ps 118:1-9; Spr 31:6-9