God het beloof om saam met jou te wees

2019-08-29
Josua 1:5 NLV

Die Bybel sê: ‘Nadat Moses… dood is, het die Here met Josua… gepraat. Hy het vir hom gesê: ‘Noudat my dienaar Moses dood is, moet jy gereedmaak om my volk deur die Jordaanrivier te lei na die land toe wat Ek vir hulle gee’ (verse 1-2 NLV). Josua en Israel het geweet dat Moses dood is. Hoekom het God hom dan daaraan herinner? Omdat Josua nie net ‘n leier nie, maar ‘n legende opgevolg het. Moses was vir veertig jaar lank Israel se sekuriteitskombers. Hy het ‘n hele generasie in ‘n enkele nag uit Egipte gelei. Hy het ‘n see met die swaai van sy kierie geskei. Hy het gebid en God het brood uit die hemel laat reën. Toe die nasie op die punt was om van die dors dood te gaan, het hy ‘n rots gekap en water aan hulle voorsien. Moses was volgens enige maatstaf ‘n sukses. Hoekom was hy egter so ‘n groot sukses? Was dit as gevolg van sy eie vindingrykheid? Sy eie kreatiwiteit? Sy eie slimheid? Nee, dit was as gevolg van God se teenwoordigheid in sy lewe. Moses was egter nou nie meer daar nie, wat slegte nuus vir Josua was. Die goeie nuus wat God is, het egter agtergebly. ‘Niemand sal teen jou bestand wees solank jy leef nie. Soos wat Ek by Moses was, so sal Ek ook saam met jou wees. Ek sal jou nooit in die steek laat nie. Ek sal jou nooit los nie.’ Jy sê: ‘Maar dis ‘n Ou Testamentiese belofte.’ Lees dan die volgende: ‘want al die beloftes van God in Christus Jesus is ‘n volmondige ‘ja.’ Daarom is dit ook deur Christus se toedoen dat ons, om God te verheerlik, daarop ‘Amen’ sê’ (2 Korintiërs 1:20 NLV). Vandag het God belowe om saam met jou te wees. Glo Hom!

Sielskos: Eseg 16:53-19:14; Matt 22:1-14; Ps 103:13-22; Spr 19:17