Getrouheid, nie vernaamheid nie
2018-06-27Kolossense 3:17 NLV
Wanneer jy God en ander mense dien, moet jy jou hart daarop sit om getrou te wees, eerder as om vernaam te wees. Die Bybel sê, ‘Dit is God wat oordeel. Hy wys vir party mense dat hulle nie belangrik is nie en Hy maak ander mense belangrik’ (Psalm 75:8 DB). Min dinge in die lewe is erger as om ‘n rol te vervul waarvoor jy nie toegerus is of voor geroepe is nie. Josh McDowell, wat al miljoene universiteitstudente wêreldwyd toegespreek het en verskeie boeke geskryf het, het sy lewensbediening aan Christus op ‘n nederiger manier begin. Sy eerste taak by die hoofkantoor van Campus Crusade for Christ was om die hoofingang se vloer skoon te maak. Josh se bekendstelling aan die bediening was soortgelyk aan die ou in die Ou Testament wat die tentpenne moes dra wanneer hulle die tabernakel van een plek na die volgende verskuif het. Nie eintlik ‘n hoë-profiel posisie nie! Sonder ‘n ordentlike perspektief oor ons motivering om te dien, is dit maklik om geaffronteerd te voel wanneer ons ‘n taak gegee word wat ons voel benede ons is. Hoe bly ons dus gemotiveerd om God te dien? Deur die belofte te onthou dat ons sal oes wat ons saai (sien Galasiërs 6:7). God het beloof dat Hy ons op die oordeelsdag vir ons getroue diens sal beloon. As Hy jou dus geroep het om Hom te dien deur ander mense te dien, hou jou hart op getrouheid gefokus – nie op trots of posisie nie. Lewe volgens hierdie Skrifgedeelte: ‘Verder, doen alles – of dit nou woorde of dade is – asof julle dit namens die Here Jesus doen. Só is julle besig om deur Hom dank aan God die Vader te bring’ (Kolossense 3:17 NLV).
Sielskos: Hoog 1-4; Luk 2:34-40; Ps 17; Spr 16:12-15