Gee vir God die beste van jou oes

2018-01-15
Spreuke 3:9 NLV

Salomo skryf: ‘Vereer die Here met alles wat jy besit. Gee vir Hom die beste van jou oes. Hy sal jou opgaarplekke vol maak. Jou parskuipe sal te klein wees vir al die wyn’ (verse 9-10 NLV). Die mense wat hierdie woorde aangehoor het, het van hulle land en vee gelewe. Wanneer hulle ‘n oes ingesamel het of vee gebore is, het hulle die eerste koringare of die eerste kalfie wat gebore is na die tempel toe geneem om dit aan God te offer. Deur dit te doen het hulle erken dat alles wat hulle het, van God af kom en aan God behoort. Alles wat hulle in die toekoms sou nodig kry, het van God se goedheid aan hulle afgehang. Daar is nie ‘n belangriker beginsel vir finansiële bestuur as dit nie: Gee vir God die beste van jou oes, nie die oorblyfsels nie! Die besigheidsman Arthur DeMoss was ‘n geestelike reus en weldoener wat miljoene vir God se werk geskenk het en ‘n fonds gestig het om na sy dood met sy nalatenskap voort te gaan. Mnr DeMoss het gesê om suksesvol te wees, moet jy vir God die eerste tien sent van elke Rand, die eerste uur van elke dag en die eerste dag van elke week gee. Dit is ‘n formule vir sukses in die lewe wat nie verbeter kan word nie. Jy vra, ‘Beteken dit dat God my nie sal liefhê as ek nie my tiende gee nie?’ Nee; jy kan nie iets doen om God se liefde te verdien nie, maar jy moet sekere dinge doen om elke dag in sy seën te wandel. Een daarvan is om vir Hom die eerste tiende van jou inkomste te gee. Wanneer jy dit doen, sal Hy ‘jou opgaarplekke vol maak.’

Sielskos: Lev 23:26-25:55; Matt 7:1-14; Ps 74:1-11; Spr 2:6