Gee en ontvang

2018-09-28
Lukas 6:38 NLV

Baie van ons wil vir mense wie ons liefhet en sake waarin ons glo, gee. Vrees weerhou ons egter daarvan om dit te doen. Ons is bang dat as ons dit doen, ons dalk nie genoeg vir onsself sal oorhê nie. In plaas van om te saai, gaar ons dus ons saad op en loop die oes wat God ons beloof het mis. Hoekom? Omdat ons op ‘n sekere vlak wonder of God regtig iemand soos ons sal seën. Jesus het gesê, ‘As julle gee, sal julle ontvang. Julle gawe sal na julle terugkom in volle maat, ingestamp, geskud om plek vir meer te maak, tot oorlopens toe vol…’ As ‘n bank sulke rente op jou belegging belowe het, sou jy nie vinnig genoeg daar kon uitkom nie! Banke misluk egter en bankiers kan nie altyd vertrou word nie, maar God het nog nooit ‘n belofte verbreek nie! Hier is ‘n belangrike Skriftuurlike waarheid: Wanneer jy jou hand vir God oopmaak, maak Hy sy hand vir jou oop. God se hand is groter as joune! Net soos wat jy moet leer om te gee, moet jy ook leer om te ontvang. Wanneer God aan jou teruggee, doen Hy dit dikwels deur ander mense. Moenie dat trots en vooroordeling jou keer om van ander mense te ontvang nie, omdat God hulle ‘n oes wil gee op die sade wat hulle in jou lewe saai. Moet nooit huiwer om vir ‘n opregte dienaar van God te gee nie. ‘…Glo in die Here, en julle sal vas staan. Glo in die profete, en julle sal suksesvol wees’ (2 Kronieke 20:20 NLV). Wanneer God jou aanmoedig om ‘n saad te saai, is dit omdat Hy ‘n oes vir jou in gedagte het. Moenie dit misloop nie!

Sielskos: Sag 12-14; Luk 23:26-34; Ps 52; Spr 24:32-34